Moet
nie vergeet van môre Die Ombudsman
vir Bankedienste het sy kommer uitgespreek oor die toename in klagtes
oor verbandlenings die afgelope jaar. Melville het ook gesê hy gee nie voor om 'n deskundige op die eiendomsmark te wees nie, maar sy kantoor het verskeie mark ineenstortings die afgelope vyf jaar sien gebeur. In 2000 het die Ombudsman talle klagtes van mense ontvang oor effektetrustbeleggings wat nie hulle hoë opbrengs kon behou nie. Ander markopskuddings was die ineenstorting van die IT-bedryf en 'n jaar daarna die September 11-gebeure wat aandelemarkte sleg getref het. Melville sê hoewel die Ombudsman die meeste van die klagtes oplos ten gunste van klaers, kan die banke nie altyd blameer word nie. Daar is kliënte wat te laat op die wa spring (soos met eiendomsbeleggings), hulle in die skuld dompel en dan vingers verbrand. Melville sê enigiemand
wat groot skuld maak behoort inligting en ander bronne soos onafhanklike
financiële beplanners behalwe banke te raadpleeg. "Hulle moet
nie vergeet nie, banke is in die eerste plek daar om geld te maak."
|