Beregter besorg oor hoe SA banke klagtes hanteer

Sake Beeld, 12 December, 2002

Adv. Neville Melville, die Bankberegter, het sy ernstige kommer uitgespreek oor die wyse waarop klagte van kliënte deur banke hanteer word.

"Een uit ses mense het die afgeloope jaar by ons oor hul bank gekla. Dit laat ernstige vrae na vore kom oor die vlak van kliëntediens wat deur gevestigsde finansiële instellings aangebeid word".

Die tweede jaarlikse ondersoek vir die kantoor va die bankberegater wat deur die navorsingsonderneming Markinor behartig is, het aan die lig gebring dat klagtes en swak kommunikasiestandaarde die twee vernaamste baronne van ontevaredenheid was.

Volgens Melville is hy belommerd or die swak manier waaroo klgtes hanteer word.

"Ons finansiëledienstesektor is een van die mees gesofistikeerde in die wêreld, veral wat stelsels en enfrastruktuur betref. Maar daar is defnitief 'n agterstand wat bedref die hantering van mens se verwagtinge."

Hoeweel daar min twyfel bestaan da dienstevlakke oor die laaste jare met stampe en tote verbeter het, wek dit kommer dat so 'n groot persentasie mense steeds nie doeltreffend genoeg gehelp word nie.

Uit die ondersoek blyk dit duidelik dat heelwat van die klagtes wat na die bankberegter se kantoor verwys is, deur die bank se eie personeel opgelos moes word. Die situasie kan dramaties verbeter indien elke bank opreg die benadering volg om die klient eerste te stel deur hulle as individue te behandel.

Beter vlakke van diens kan bereik word deur die pesoneel meer gefikus op te lei, beste praktyke na te streef en kliënte meer bedrag te maak op maniere warop klagtes hanteer moet word. Hy het ook feit dat net een uit vyf mense bewus is van die kode van bankpraktyke, wat beskerming aan kliënte verleen.

"Hoe kan kliënte baat vind by dié beskermingsmaatreëls as hulle nie eens bewus is daarvan nie? Dit is duidelik dat die vier (groot) banke nie genoeg moeite doen om kliënte in te lig nie," het hy gesé.