Ombudsman
kry meer klagtes oor huisverbande. Die aantal klagtes oor huisverbandfinasiering wat aan die ombudsman vir bankdienste gerig is, het die afgelope jaar beduidend toegeneem, in ooreenstemming met die bloeitydperk in die residentiële eiendomsektor. Na verwagting sal
dit binne die volgende jaar of twee selfs verder styg, volgens adv. Neville
Melville, bankombudsman. Melville sê in die lig daarvan dat belegging
in eiendoms 'n vuurwarm onderwerp van bespreking onder Suid Afrikaners
is, is dit nie 'n verrassing dat dié kategorie van klagtes ATM-klagtes
verbygesteek het nie. In Januarie het verbandfinansiering 24% van die
totale aantal klagtes vertoonwoordig, vergeleke met die 18% ATM-klagtes.
Hy sê hoewel verreweg die meeste klagtes in die guns van die bankkliënte opgelos word, kan die blaam nie altyd op die banke geplaas word nie. Sommige bankkliënte is verandwoordelik vir hul eie verliese, veral in die gevalle waar hulle te laat tot die eiendomsmark toetree en gevolglik hul vingers verbrand. Mnr. Bruce Manuel, bemarkingsamptenaar van die ombudsman, sê dit is geensins die beloeling om mense af te skrik van beleggings in eiendom nie, maar eerder om hulle to waarsku om op die risiko's te let sodat hulle weldeurdagte besluite kan neem. Hy sê enigeen wat dit oorweeg om hom finansieel te verbind, sal wys wees om inligting en advies van ander bronne in te win. "Dit is goed om te onthou dat banke daar is om a wins te genereer en altyd hul koste sal verhaal." Manuel sê kliënte moet in gedagte hou dat die huismark kan verander weens die uitwerking van eksterne faktore en hulle moet sorg dat hulle in staat sal wees om hul verbande te kan terugbetaal as rentekoerse styg. Hulle moet ook versigtig wees
om in die eiendomsmark te spekuleer, wat hul risiko sal vergroot. Hy glo
die ware belegger doen sy huiswek en neem ingeligte besluite. |